China, VSA moet verskille mooi bestuur: Blinken

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het die VSA en China gevra om hulle verskille verantwoordelik te bestuur nadat hy in Beijing aangekom het vir taai samesprekings met Chinese leiers. Hy sal na verwagting ‘n reeks uitdagende kwessies pak, insluitend Chinese steun vir Rusland en sy hantering van Taiwan. China sal waarskynlik kwessies ophaal soos handelskommer, met die nuwe Amerikaanse optrede teen die gewilde Chinese sosiale media-toepassing, TikTok. ‘n Vol dag se samesprekings lê môre voor, insluitend ‘n moontlike ontmoeting met president Xi Jinping.