Warm wedloop in die Engelse Premierliga

Dis ʼn taai wedloop boaan die punteleer van die Engelse Premierliga nadat die twee boonste spanne albei die afgelope naweek verloor het. Die boonste span, Arsenal, het een-nul teen Everton verloor en Manchester City het met 1-0 teen Tottenham Hotspur vasgeval. Manchester United het Crystal Palace met 2-1 verslaan om die gaping met Man City met drie punte te laat krimp. Arsenal het slegs die tweede keer in 20 ligawedstryde verloor, maar die bestuurder, Mikel Arteta, bly positief: