Alle oë op Turkye en Sirië, hulp is op pad van regoor die wêreld

Die Suid-Afrikaanse hulporganisasie, Gift Of The Givers, het na Turkye en Sirië gereis om hulp te verleen ná die dodelike aardbewings wat meer as 4 300 lewens geëis het. Die twee groot aardbewings het onderskeidelik 7,8 en 7,5 gemeet. Daar was nog a naskok van meer as 6 op die Richterskaal. Aleppo in Sirië wat reeds staatmaak op humanitêre bystand is uiters swaar getref. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die dodetal kan nog agt keer styg.