Bipa hersien die week die Maatskappywet

Die uitvoerende hoof van die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid Bipa, Vivienne Katjiuongua, sê Namibië se korporatiewe wetgewing moet aangepas word om die land mededingend te maak. Sy het kommentaar gemaak tydens ‘n internasionale dinkskrum wat vandag begin het en deur Bipa gereël is. Dié geleentheid fokus op hervorming van onder meer die Maatskappywet. Ockert Jansen, hoof van bemarking en kommunikasie by Bipa sê baie van die bepalings van die wetgewing is verouderd.