Walvis sal vismaatskappye wat werkershuise wil bou met grond bystaan

Die burgemeester van Walvisbaai, sê die munisipaliteit is bereid om vismaatskappye by te staan wat huise vir hul werkers wil bou. Vakbonde in die bedryf en die Erongo-goewerneur doen reeds ‘n geruime tyd ‘n beroep op maatskappye om behuising te verskaf. Trevino Forbes sê dit is moeilik vir die raad om die nodige toestemming te kry om nuwe buurte te skep aangesien daar geen grond by die hawedorp beskikbaar is nie maar hy het die privaat sektor genooi om die raad met hul versoeke te nader omdat Farm 37, aan die buitewyke van Walvisbaai, ontwikkel word. Twee vismaatskappye het verlede jaar aansoek gedoen vir grond om meer as 1 500 huise te bou, en samesprekings met die raad duur steeds voort. In 2020 het ‘n groep van vier maatskappye 5 hektaar grond gekry om 330 huise vir hul werkers te bou.