Arbeid bring dienste nader aan die mense in al 14 streke

Die Namibiese ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping nooi lede van die publiek, werkgewers en werknemers uit om hul mobiele kantore in al 14 streke van die land te besoek. Die ministerie bring nou arbeid- en indiensnemingsdienste nader aan die publiek met die mobiele kantore in streke. Maria Hedimbi, hoofskakelbeampte van die ministerie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.