ActionSA gaan hof toe oor eThekwini-riool

ActionSA in KwaZulu-Natal sê hy gaan vandag dokumente by die Hooggeregshof in Durban indien teen die eThekwini-munisipaliteit en betrokke ministers oor die voortslepende rioolkrisis in die stad. Die munisipaliteit loop deur onder ‘n massiewe rioolkrisis sedert die oorstromings in April en Mei, wat die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini Zuma as nasionale ramptoestand verklaar het. ActionSA se woordvoerder, Zwakele Mncwango, sê hulpbronne om Durban se rioolnetwerk te herstel het maande later nog nie tevoorskyn gekom nie: