Walters maak beter voorstel as Oshikoto-goewerneur

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die goewerneur van die Oshikoto-streek Penda Ya Ndakolo se aanmerkings dat drankhandelaars nie drank aan pensioenarisse moet verkoop en ook nie vir hulle drank op krediet gee nie. Ya Ndakolo sê dit hou hulle vasgevang in armoede. Maar, die voormalige ombud, advokaat John Walters stem nie saam nie. Hy het sy oplossing vir die dilemma so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.