Alle eer aan dr. Ian Baines!

Die bekende en geliefde veearts, dr. Ian Baines het die Academic Meritorious-toekenning van Unam se Veeartsenyskool ontvang. Dr. Baines het oor meer as vyf jaar regoor Namibië gereis en 13 000 honde en katte gesteriliseer en ingeënt. Die doel is om gemeenskappe direk te bereik. Die Dierebeskermingsvereniging, wat ook baat vind by dr. Baines se liefdadigheid, sê sy werk het ‘n baie positiewe impak. Hanna Rhodin, direkteur van die DBV het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.