Steenhuisen eis dat parlement weer byeen moet kom

Die DA-leier, John Steenhuisen, het die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, in ‘n brief versoek dat die Parlement weer byeen geroep moet word. Dit party sê dit is ondenkbaar dat die Parlement gesluit is tydens hierdie tyd van nasionale krisis. Steenhuisen sê die Parlement behoort 24-uur van die dag te vergader om oplossings te vind vir die veelvuldige krisisse wat die nasie tegelykertyd tref. Dit is ook op ‘n tyd wat huishoudings en sakeondernemings reeds sukkel om te herstel na twee jaar van vernietigende inperking: