Wallis sê hulle is gereed vir Saterdag

Wallis se hoofafrigter, Wayne Pivac, sê hulle is gereed vir die uitdaging wanneer hulle die Suid-Afrikaanse wêreldkampioene in ‘n reeks van drie toetse die stryd aansê. Die eerste hiervan is Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Springbokke het Wallis verlede jaar in hulle laaste wedstryd in Cardiff met 23-18 verslaan. Pivac sê daar is sekere gebiede in die spel wat hulle moet regruk om seker te maak hulle herhaal nie die foute wat hulle in die Sesnasies-reeks teen Italië gemaak het nie. Hy sê hulle moet hulleself elke geleentheid gee om te wen.