Stormy Daniels getuig in Trump-saak

Die pornoster Stormy Daniels het begin getuig in voormalige Amerikaanse president Donald Trump se swyggeld-verhoor in New York, oor beweerde seks wat hulle by ‘n gholftoernooi gehad het. Trump ontken die ontmoeting, maar die 130 000 Amerikaanse dollar wat hy haar betaal het om nie die storie openbaar te maak nie, staan sentraal in die saak. Trump het onskuldig gepleit op aanklagte van die vervalsing van sakerekords om die betaling weg te steek. Daniels het getuig dat sy nie die storie soseer wou verkoop nie, maar wou hê dit moes uitkom voor die presidentsverkiesing. Sy het uiteindelik die geld gevat en die regsdokument om stil te bly met die vals naam Peggy Peterson geteken, om die partye se regte name konfidensieel te hou.