Kenia hervat vlugte na DRK na twee werkers vrygelaat is

Kenya Airways sê hy sal vlugte na Kinshasa hervat nadat militêre owerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo twee van sy werknemers vrygelaat het wat meer as twee weke gelede gearresteer is. Die Keniaanse lugdiens het hulle inhegtenisname as “onwettig” en “teistering” beskryf. Hy het op 29 April aangekondig dat hy vlugte na die DR Kongo-hoofstad die volgende dag gaan staak. Die twee werk by die lugredery se kantoor in Kinshasa en is deur ‘n militêre intelligensie-eenheid in hegtenis geneem, na bewering weens vermiste doeane-dokumentasie oor “waardevolle vrag”. Die lugdiens hou vol die twee is onskuldig. Die DR Kongo-regering het nie kommentaar gelewer nie.