Nasa lanseer vir eerste keer buite VSA

Australië het geskiedenis gemaak toe die Amerikaanse ruimteagentskap, Nasa, die eerste keer ooit ‘n ruimtetuig van ‘n kommersiële terrein buite Amerika daar lanseer het. Die vuurpyl is gister by die Arnhem-ruimtesentrum gelanseer wat die eerste in Australië is in meer as 25 jaar. Dit is die eerste van drie vuurpyle wat Nasa by die pasvoltooide sentrum sal lanseer. Volgens berigte hoop wetenskaplikes dit sal hulle help om die uitwerking van ‘n ster se lig op die bewoonbaarheid van nabygeleë planete te bepaal.