Wallis is desperaat om vandag te wen

Die Springbokkaptein Siya Kolisi berei hom voor vir speler-vir-speler stryd teen Wallis vanmiddag. Hy het die heelagter Liam Williams uitgesonder as ‘n voorbeeld van hoe taai die Walliesers kan wees. Die eerste van drie toetse tussen die twee spanne word in Pretoria gespeel, met die tuisspan wat allerweë as die gunstelinge beskou word. Die besoekers is egter volgens Wales Online desperaat om weer te wen, na hulle drie maande gelede onverwags teen Italië verloor het. Afskoptyd is net na vyf.