Oscar ontmoet Reeva se pa

Die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig Oscar Pistorius het met die pa van sy vermoorde vriendin, Reeva Steenkamp, ontmoet vir ‘n slagoffer-oortreder-gesprek. ‘n Woordvoerder Singabakho Nxumalo sê Pistorius moet aan die dialoog deelneem as deel van sy rehabilitasie-pad. Die voormalige paralimpiese atleet het Steenkamp in Februarie 2013 doodgeskiet. Die Steenkamp-familie se regsverteenwoordiger het intussen gevra vir privaatheid vir die familie. Pistorius is weer na die Atteridgeville-gevangenis in Pretoria oorgeplaas om sy vonnis verder uit te dien.