Swapo beleidskonferensie: Hage praat oor ‘nuwe wêreldorde’

President Hage Geingob sê daar is ‘n behoefte om die Swapo-party se beleid aan te pas omdat Namibiërs positiewe sosio-ekonomiese verandering verwag. Hy sê dat Swapo, as die regerende party, moet aan die voorpunt wees om daardie verandering te lei. Die party hou tans sy beleidsvergadering in die hoofstad wat môre afsluit. Volgens Geingob is hy bewus dat baie gedoen moet word om Namibië se sosiale en ekonomiese argitektuur te versterk, en voeg by dat die stryd nou teen armoede, werkloosheid, en ongelykheid is, veral met die huidige geopolitieke spanning in die wêreld. Hy het melding gemaak van ‘n moontlike nuwe wêreldorde en sê die partylede se besluite sa die toekoms in ag moet neem. Geingob het verder aangedui dat die beleid kwessies wat die jeug raak, moet oorweeg. Daar is meer as 590 afgevaardigdes wat die konferensie bywoon.