Waarskuwings gerig oor fop-stemboodskappe oor terreur

Die Oos-Kaapse waarnemende provinsiale polisiekommissaris, Thandiswa Kupiso, waarsku almal wat voortgaan om onwettige boodskappe in teks- en stemboodskappe rond te stuur dat hulle met die gereg te doen sal kry. Dit volg na ‘n reeks anonieme boodskappe op verskeie sosialemedia-platforms wat vrees by inwoners veroorsaak. Die polisiewoordvoerder, Tembinkosi Kinana, sê die publiek word aangemoedig om enige inligting oor die oorsprong van hierdie boodskappe bekend te maak: