Ronaldo sê Man-U het hom verraai

Manchester United se doelskopper, Cristiano Ronaldo, sê hy het geen respek vir die bestuurder Erik ten Hag nie en voel verraai deur die klub. Hy het weens ‘n ongespesifiseerde siekte nog nie weer gespeel sedert hy United verlede Sondag aangevoer het in hulle 3-1 nederlaag teen Aston Villa nie. Ronaldo beweer die klub se hiërargie probeer hom uitwerk. Hy beweer ook daar was geen vordering by die klub sedert Alex Ferguson in 2013 afgetree het nie: