Studente-unie vies oor Unam-eksamens

Die Studente-unie van Namibië het sy kommer uitgespreek oor die stand van sake met onderwys-eksamens by Unam. Die universiteit het laat Donderdag verlede week te kenne gegee dat Vrydag se onderwys-eksamen, saam met verskeie ander modules, onbepaald uitgestel is om vraestelle uitgelek het. Die unie se president, Bernard Kavau sê die universiteit behoort noodplanne in plek te hê soos, ‘n tweede vraestel, veral as gevolg van die impak op studente. Kavau sê ook dit kos onnodig geld vir beide die studente sowel as vir die opstel van vraestelle wat dan weer gedruk moet word. Vraestelle behoort ook eerder deur derde, buite-party opgestel te word om die tipe van insident te vermy. Daar is nog geen verdere kennisgewing oor wanneer die vraestelle geskryf sal word nie maar Unam sê studente sal vyf dae se kennisgewing gegee word.