Waar is Fikile?

Twitter is op hol na ‘n twiet deur die Suid-Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, wat Saterdagoggend gesê het hy het pas in die Oekraïne geland. Media kon geen bevestiging kry oor die twiet nie en ook nie oor ‘n hertwiet wat hy gemaak het nie. Dié twiet was blykbaar van die Russiese ambassade in Suid-Afrika wat meen dat hulle bly is oor al die ondersteuning in Suid-Afrika in hul pogings om die Nazi’s in die Oekraïne te beveg. Media sê dat die ANC-woorvoerder Pule Mabe meen dat Mbalula se Twitter-rekening deur kuberkrakers oorgeneem is. Hy het onderneem om meer inligting te gee maar het ook, nes Mbalula en sy span, onbeskikbaar geword. Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Oekraïne, Andre Groenewald, het uit Budapest gesê hy het geen inligting nie. Die twiet, wat steeds op sy blad is, het meer as 4 000 kommentare gehad.