Immanuel Ngatjizeko sterf

Die veteraan Swapo-politikus voormalige kabinetsminister, Immanuel Ngatjizeko, is in die ouderdom van 69 oorlede. President Hage Geingob het laat Saterdag Ngatjizeko se afsterwe op Twitter bevestig. Geingob sê daar is geen woorde om sy verlies te beskryf nie. Ngatjizeko het in verskeie poste gedien, beide as adjunkminister en minister. Hy is in Februarie 2018 aangestel as die minister van presidensiële aangeleenthede maar het kort daarna bedank as gevolg van swak gesondheid. Geingob het sy medelye aan Ngatjizeko se vrou Annalize en hul kinders betoon.