Mastercard en Visa skort Russiese transaksies op

Die Amerikaanse betalingsfirmas Visa en Mastercard staak bedrywighede in Rusland oor die inval in die Oekraïne. Mastercard se dienste is reeds opgeskort en Visa sal oor ‘n paar dae alle transaksies met Visa-kaarte wat in Rusland uitgereik is opskort, beide binne en buite die land. Al Kelly, Visa se hoof uitvoerende beampte sê hul is verplig om op te tree na Rusland se aksies. Hy voeg by dat die gebeure wat gesien word, onaanvaarbaar is.