Vyf in Palm Ridge op klagte van bedrog van N$2,5m

Familielede en sakevennote het in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Suid-Afrika op aanklagte van bedrog en diefstal ten bedrae van 2,5 miljoen Namibiese dollar verskyn. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse polisie, Ndivhuwo Mulamu, sê Cecilia Smith, Stephanaus Claasen, Emile Claasen en Jacques Fritz het na bewering op bedrieglike wyse ‘n kredietfasiliteit met ‘n ander maatskappy vir hulle eie maatskappy geskep.