Dennis Noa se saak gaan vandag voort

Die leerlingdokter Dennis Noa wat op 9 Julie borg van 10 000 Namibiese dollar in die Windhoek Landdroshof ontvang het, sal weer vandag verskyn op klagte van verkragting. Noa, wat daarvan verdink word dat hy ‘n manlike breinbeseerde pasiënt by die Katutura-hospitaal verkrag het, is op 11 April in hegtenis geneem. Volgens Noa se regsverteenwoordiger, is daar geen mediese bewyse dat die pasiënt verkrag is nie.