Twee uit elke drie meisies in Nam het geweld ervaar

Die plaaslike verteenwoordiger van Unicef, Rachel Odede het navorsing oor geweld teen kinders wat deur die organisasie in samewerking met die Namibiese Statistieke Agentskap uitgevoer is, bekend gemaak. Odede sê twee uit elke drie meisies en agt uit elke 13 seuns het in Namibië een of ander vorm van geweld ervaar.