VSA stap oortuigend weg met Ryderbeker

Amerika het die Ryderbeker-toernooi ingepalm ná ‘n rekordsege van 19-9 oor Europa op die Whistling Straits-baan in Wisconsin. Dit is die grootste oorwinning sedert Europa se eerste deelname aan die toernooi in 1979. Wat aanvanklik gelyk het na ‘n waarskynlike oorwinning deur die Amerikaners, het met algehele oorheersing geëindig nadat hulle gister agt van die 12 moontlike punte ingepalm het. Dit is beklink toe die Ope-kampioen, Colin Morikawa, die halwe punt wat nog nodig was, in die vyfde van die enkelspelwedstryde verower het. Die Amerikaners se kaptein, Steve Stricker, sê hy is baie trots op sy span: