Parkbesoeker skiet Blouwildebees dood

Die Stad Tshwane in Suid-Afrika doen ‘n beroep op besoekers om enige bedreigings in ‘n natuurreservaat aan te meld. Dit kom nadat ‘n besoeker aan die Groenkloof-natuurreservaat glo ‘n Blouwildebees-koei doodgeskiet het. Die dier het na bewering ‘n groep aangeval nadat hulle van ‘n staptog teruggekeer het. Die burgemeesterskomiteelid vir Landbou en die Omgewing, Dana Wannenburg, sê ‘n verdagte is vir ondervraging in polisieaanhouding geneem en beslag is op sy vuurwapen gelê.