VSA loods lugaanvalle op grens van Irak, Sirië

Vyf vegters in Iran-gesteunde burgermaggroepe is dood en talle beseer tydens die VSA se lugaanvalle teen operasionele en wapen-bergingsgeriewe op die grens tussen Irak en Sirië. Volgens berigte van die Siriese staatsnuusagentskap het ‘n kind gesterf en minstens drie ander is gewond. Die Pentagon het ‘n verklaring uitgereik dat die aanvalle in reaksie op hommeltuig-aanvalle op Amerikaanse magte was en dat President Joe Biden Amerikaanse personeel sal beskerm. Die lugaanvalle was die tweede keer dat Biden hierdie optrede goedgekeur het sedert hy in Januarie sy amp ingeneem het.