Stellenbosch spog met skoon oudit

Die DA sê hy is trots om aan te kondig die Stellenbosch-munisipaliteit in die Wes-Kaap onder leiding van burgemeester Gesie van Deventer het ‘n skoon oudit vir die 2019-2020-boekjaar gekry. Die party sê dit bevestig die DA-beheerde owerheid bestuur belastinggeld eerlik en deursigtig. Woordvoerder Leon Schreiber sê toe die Covid-19-pandemie vroeg verlede jaar toegeslaan het, het Stellenbosh een van die omvattendste verligtingspakkette van enige munisipaliteit in die land ingestel. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *