SA staatskapingskommissie met drie maande verleng

Die staatskapingskommissie in Suid-Afrika het nog drie maande gekry om sy werk af te handel. Die hooggeregshof in Pretoria het die uitstel goedgekeur en gesê die Zondo-kommissie se werk is in die openbare belang. Die ondersoek moes sy werk teen Woensdag voltooi het, maar voorsitter Raymond Zondo het uitstel gevra en gesê die kommissie kan gedagvaar word as alle uitstaande werk nie afgehandel is nie. Die afsnydatum is nou einde September.