Capricorn-groep bring naskoolse program teen jeug-werkloosheid

Daar word gereeld ‘n beroep gedoen op die privaatsektor om die regering te help met die groeiende probleem van werkloosheid onder die jeug. Die Capricorn-groep het bekend gemaak dat hulle ‘n miljoen Namibiese dollar gaan spandeer op ‘n naskoolse program, in ‘n poging om die probleem die hoof te bied. Marlize Horn van die Capricorn-groep het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.