Brasilië voor in bodverslag vir 2027-sokker wêreldbeker vir vroue

Sokker: Brasilië het die gesamentlike bod van Duitsland, Nederland en België oortref om die 2027-wêreldbeker vir vroue aan te bied. Die wêreldbeheerliggaam Fifa het sy bodverslag bekend gemaak voor die aankondiging van die wenner volgende Donderdag tydens sy kongres in Bangkok, Thailand. Mexiko en die Verenigde State het verlede week hul bod teruggetrek om op die volgende Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2031 te fokus. Tegniese evaluering het Brasilië ‘n telling van 4 uit 5 gegee en die drie Europese lande 3,7, maar albei botte kwalifiseer nog vir oorweging as gasheer.