VSA gee nog bystand aan die Oekraïne

Die Amerikaanse senaat het die noodpakket van 204,5 miljard Namibiese dollar vir militêre en humanitêre hulp aan Oekraïne goedgekeur. Die leier van die Demokratiese meerderheid in die senaat, Chuck Schumer, sê hulle gee miljarde aan Oekraïne vir kos, medisyne, skuiling en ondersteuning vir die meer as 2 miljoen vlugtelinge wat die land moes verlaat, asook geld vir wapenoordrag. Hy voeg by hulle het die Oekraïnse nasie beloof hulle is nie alleen in hulle stryd teen die Russiese President Vladimir Putin nie. Die wetsontwerp sal nou na President Joe Biden gestuur word sodat hy dit kan onderteken.