‘Bara’ het ‘n tekort aan brood gehad, dis al

Gauteng se LUR vir Gesondheid, Nomathemba Mokgethi, besoek vandag die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal in Soweto, onder andere te midde van berigte oor ‘n tekort aan kos by die fasiliteit. Die DA is bekommerd dat die hospitaal sonder kos is as gevolg van die wanbestuur van kontrakte en verskaffers wat nie betaal word nie. Die departement se woordvoerder, Kwara Kekana, ontken dit, maar erken die provinsie se hospitale het onlangs ‘n tekort aan brood gehad: