VSA: duisende gestrand met nog vlugte opgeskort

Duisende Amerikaanse reisigers wag steeds op lughawens sedert Oukersaand om hulle bestemmings te bereik. Dit kom nadat ‘n verdere 1 318 vlugte Sondag gekanselleer is as gevolg van rederypersoneel wat moet isoleer of self Covid opgedoen het. Intussen het ten minste drie passasiersvaartuie ook vaarte opgeskort as gevolg van Covid-gevalle aanboord. Die Amerikaanse gesondheidskenner dr. Anthony Fauci het Amerikaners gewaarsku en gesê gevalle sal gedurende die vakansietyd sowel as in die komende weke skerp toeneem en daar is kommer in die land oor gebiede waar daar lae inentings is.