Boko Haram-lid vas in Pretoria

‘n 31-jarige verdagte wat glo ‘n lid van die Boko Haram-bende is, is Sondag in Mamelodi, Pretoria, in hegtenis geneem en sal môre in die landdroshof in Pretoria verskyn. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, is die verdagte na bewering by bende-verwante misdade betrokke, waaronder rooftogte, afpersing, intimidasie en ander ernstige en geweldsmisdade in Mamelodi en omgewing.