Vryheidsfront Plus-leier: Werk van Staatskapingskommissie kos belastingbetaler byna R1 miljard

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê die werk van die Kommissie oor Staatskaping kos die belastingbetaler byna ‘n miljard rand en dit sal eers werklik van waarde wees wanneer die aanbevelings die nodige respek kry en tot die letter uitgevoer word. Groenewald sê daar is een aanbeveling wat hulle heelhartig steun.