Gauteng bewillig R240 miljoen vir nuwe klaskamers

Die onderwys-aktivis, Hendrick Makaneta sê die Gautengse departement van onderwys moet geloof word omdat hy geld beskikbaar gestel het vir die bou van bykomende klaskamers in die provinsie. Die department het 240 miljoen rand bewillig vir die oprigting van 229 klaskamers by laerskole en 270 by hoërskole. Makaneta sê dit sal baie help om oorvol klasse te verlig, veral by skole in townships.