Namibiese verdedigingsministerie gaan vuurwapens, ammunisie vervaardig

Die regering van Namibië het bevestig dat Noord-Korea hulle gehelp het om ‘n wapen- en ammunisiefabriek te bou. Namibië het ook bevestig dat Noord-Korea besig is om kontrakte te finaliseer vir die bou van die land se eerste militêre akademie, militêre barakke en ‘n nuwe hoofkwartier vir die verdedidigingsministerie. Noord-Korea het onlangs ‘n waterstofbomtoets uitgevoer en missiele herhaaldelik getoets. Noord-Korea se stap is teengestaan deur die VSA, Suid-Korea en nou het Japan en China belowe om saam te werk om Noord-Korea se kernmissieltoetse te stop wat spanning vererger en internasionale verpligtinge skend. Die Namibiese verdedigingsminister, Frans Kapofi sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibië is op die oomblik besig met ‘n toetsfase om ammunisie vir spesifieke vuurwapens te vervaardig.

Die minister het bygevoeg dat die vervaardiging nie net vir eie gebruik is nie, maar ook vir uitvoere.