‘Vroulike entrepreneurs dra grootlike by tot werkskepping in SA’

Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede en batebestuur, James Vos, sê vroulike entrepreneurs dra grootliks by tot werkskepping in Suid-Afrika. Hy sê tot 90 persent vroue wat sakeondernemings besit, het in ‘n onlangse opname aangedui dat werkskepping vir hulle ‘n belangrike faktor is. Vos sê deur die ondersteuning van ‘n aanlyn sakeprojek van tien weke vir vroue, skep die stad dus ‘n werkverskaffings-ketting.