Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge deel mening van AU oor Guinee

Afrika-leiers het gereageer nadat spesiale magte in Guinee die regering van President Alpha Condé omvergewerp het. Félix Tshisekedi, die president van die Afrika-unie, en Moussa Faki Mahamat, president van die Kommissie van die AU, eis dat Condé onmiddellik vrygelaat word. Hulle het ‘n noodvergadering van die Afrika-unie belê om die situasie te bespreek. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur van die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namibië dieselfde mening met die Suider-Afrikaanse Ontwikkelinggemeenskap en die Afrika-unie deel oor die situasie in Guinee.