Wes-Kaapse meisies teen servikale kanker ingeënt

Gekwalifiseerde verpleegkundiges aan die Wes-Kaapse departement van gesondheid besoek tans openbare skole. Hulle het gister met die besoeke begin en sal tot 29 Oktober voortgaan om graad 5-meisies met die menslike papilloomvirus-entstof in te ent. ‘n Woordvoerder, Byron la Hoe, sê die departement is steeds daartoe verbind om meisies teen servikale kanker te beskerm, wat die mees algemene kanker tussen vroue van 15 tot 44 jaar-oud in Suid-Afrika is.