Vroue is sentraal tot kultuur en kulturele praktyke

Die Verenigde Nasies herdenk vandag Internasionale Vrouedag. Die tema vir vanjaar is Geslagsgelykheid vir vandag vir ‘n volhoubare môre. Die jaar 2022 is belangrik om geslagsgelykheid te bereik in die konteks van klimaatsverandering en die vermindering van omgewings- en ramprisiko’s, wat van die grootste wêreldwye uitdagings in die 21ste eeu is. Sonder geslagsgelykheid is ‘n volhoubare en gelyke toekoms nie moontlik nie. Gemeenskapsaktivis Rosa Namises wens alle Namibiese vroue ‘n gelukke Internasionale Vrouedag toe …