Oekraïnse sokkerspan kry uitstel vir wedstryd

Skotland en Oekraïne se kwalifiserende Wêreldbeker-wedstryd, wat op 24 Maart in die Hampden-stadion sou plaasvind, is uitgestel. Oekraïne het Fifa om uitstel gevra nadat Rusland die land ingeval het. Die wenner van dié wedstryd sou op 29 Maart in ‘n finale uitspeelstryd teen Wallis of Oostenryk speel, maar dié wedstryd sal ook aangeskuif word. ‘n Nuwe datum sal aangekondig word. Die Wêreldbeker-stryd begin 21 November.