Nuwe Kanadese sanksies teen Russe, Putin

Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, het nuwe sanksies teen tien individue aangekondig ná die Russiese inval in Oekraïne. Die lys sluit huidige en voormalige amptenare, oligarge en ondersteuners van Rusland se President Vladimir Putin in. Kanada het verlede week die amptelike status van Rusland en Belarus as voorkeur-handelsvennote herroep en ‘n nuwe tarief van 35 persent ingestel op invoere uit hierdie lande. Trudeau sê die individue se name kom van ‘n lys wat saamgestel is deur Alexei Navalny, die Russiese opposisieleier en aktivis wat tans in die tronk sit: