Vrou wat vermoedelik deur kêrel vermoor is, 13 keer met mes gesteek

Die 28-jarige vrou wat Sondagaand by Otjiwarongo dood is nadat sy na bewering deur haar kêrel vermoor is, het 13 steekwonde op haar rug, skouer, bors en linkerelmboog opgedoen. Die Namibiese se woordvoerder in die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha, het sê Auguste Jonas, is in haar bed dood gevind na sy bewering in die Telecom-informele nedersetting aangeval is. Mbeha het gesê tien steekwonde is op haar rug aangeteken, een op haar regterskouer, nog een in haar regterbors en nog een in haar linkerelmboog. Voorlopige polisieondersoeke dui daarop dat die voorval plaasgevind het nadat die kêrel Jonas glo Sondag net voor nege-uur die aand saam met ‘n ander man by haar huis gevind het. Die 31-jarige verdagte het ná die voorval van die toneel gevlug, maar is later die aand in dieselfde informele area in hegtenis geneem, het Mbeha gesê. Die verdagte sal Woensdag sy eerste hofverskyning in die Otjiwarongo-landdroshof maak.