Hartlief vorder uiters goed met lamsvleis uitvoere

Die Hartlief-groep het reeds twee houers ontbeende lamsvleis na Noorweë uitgevoer, ingevolge ‘n ooreenkoms vir die uitvoer van 400 ton lamsvleis wat vanaf 1 Januarie tot 31 Desember vanjaar duur. Die produk word by die Mariental Abattoir verwerk. Volgens die maatskappy se uitvoerende hoof, Gunther Ling, plaas die kwaliteit van die produk ‘n hoë aanvraag daarop. Volgens Ling, werk hulle ook op die oomblik aan markte in China, die Midde-Ooste en ander Afrika-lande. Maar, terwyl die uitvoermark hoogs winsgewend is, sal Hartlief ook plaaslik verskaf wat nie net diere vir die plaaslike mark insluit nie, maar ook Noorweegse neweprodukte soos skenkels en nekke. Die maatskappy voer ook reeds vleis uit na Botswana en onderhandelings met Angola is in ‘n gevorderde stadium. Sy verwerkte produkte word ook na Suid-Afrika uitgevoer vir die ekslusiewe deli-markte.