Meer as 24 000 bande Maandag in SA gekonfiskeer

Meer as 550 betogers is vir oortredings aangekeer wat strek van openbare geweld, intimidasie, skade aan noodsaaklike infrastruktuur en diefstal, tot pogings tot plundering, tydens die EFF se nasionale afsluiting. Gauteng het die meeste inhegtenisnemings met 149, gevolg deur die Noord-Kaap met 95. Daar is 80 mense in die Oos-Kaap gearresteer, gevolg deur die Vrystaat met 64. Die aantal bande waarop beslag gelê is, is 24 300. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die bande is op strategiese plekke geplaas vir misdadige optrede: