Vrinne vat fietse Doha toe – 10 500km, 10 500 bome

Vier vriende van Argentinië sal met hul fietse 10 500 kilometer van Suid-Afrika na Katar aflê, ter ondersteuning van hul land by die Sokkerwêreldbekertoernooi in November. Danksy dié inisiatief sal ook 10 500 bome in hul tuisland geplant word. Lucas Ledezma, Leandro Blanco Pighi, Silvio Gatti en Sebastian Rodriguez, van die provinsie Cordoba, sal op 15 Mei hul tog per fiets van Kaapstad na Doha begin. Die reis sal deur 15 lande en oor twee vastelande strek.